Meer oor Agri-Alert

Al die produkte in Agri-Alert se stal is hoogs aanpasbaar sodat daar aan elke boer se spesifieke behoeftes voorsien kan word.

Die hoofkategorieë is:

Voorkoming van Veediefstal

Agri-Alert se produkte dien as vroeë waarskuwingstelsels op enige tipe lewende hawe. Ons toestelle is toegerus met sensors van wêreldklasgehalte en kan geprogrammeer word volgens aktiwiteite of tye om sodoende die eienaar intyds van waardevolle inligting te bedien. Enige onverwagte, abnormale, ongewensde of ongeoorloofde bewegings in die kudde of trop sal veroorsaak dat ʼn SMS-boodskap en/of “missed call” na die boer se selfoon gestuur word. Nog vier ander selfoonnommers of landlynnommers kan bygevoeg word sodat bure, werknemers of ʼn voorman ook sulke alarms sal ontvang. Sodoende kan die boer op nuwe en akkurate inligting reageer om veediefstal te verminder, of selfs heeltemal te voorkom, sodat verliese tot die minimum beperk word.

Voorkom die Verlies van Lewendehawe aan Probleemdiere

Dieselfde vroeë-waarskuwingstelsel wat hierbo beskryf is, plaas die eienaar en sy werknemers weer aan die stuur – 24 uur per dag, elke dag van die week. Vir die eerste keer ooit het die boer ʼn vinger op die pols van sy hele plaas se diere. Nou kan hy met akkurate data (geen vals alarms) daadwerklik reageer om verliese as gevolg van probleemdiere te bekamp.

Bestuurstelsels

Meer en beter inligting lei na beter boekhouding, wat lei na beter bestuurstelsels. Eenvoudig gestel: hoe meer jy weet, hoe beter is jou kans om produksie te optimaliseer. Agri-Alert stel die boer in staat om inligting in te samel, data te interpreteer en visueel voor te stel (grafieke), en sodoende sy bestuurstelsels op harde feite te baseer.

Nie net kan jy nou jou diere beter monitor nie, maar verskeie ander waarskuwingstelsels kan jou lewe makliker maak. Jy kan byvoorbeeld ʼn watervlaksensor aan jou damme, tenks en krippe koppel om jou te laat weet as daar ʼn tekort is. Ons stelsel is ook al baie effektief in hoenderhokke gebruik om te verseker dat groot temperatuurveranderinge nie op verliese uitloop nie. Praat met ons oor jou inligtingsbehoeftes sodat Agri-Alert jou kan help om jou plaas makliker en meer effektief te bestuur.

Vir meer oor ons produkte kliek hier.

Enigste unieke produk,
spesiaal ontwikkel, getoets en bewys in die landbou mark.
Nuwe standaarde = Nuwe suksesse!
Ons sukses verhale

Sagteware voorbeeld


Produkte Kategorieë

BeesteSkapeBokke