Produkte omskrywings


Nekband met aktiwiteitsensor
- peuterbestande, intelligente elektroniese toestel wat om die nek van enige groot- of kleinvee eenheid aangebring word
- is bestand teen Afrika elemente soos vir meer as 10jr in die wildbedryf bewys
- totaal selfonderhoudend met geen dienste benodig, asook 'n battery lewe van 2jr (ingeperk)
- besit elkeen sy eie verpersoonlike en unieke identifikasie nommer om sodoende gemaklik tussen verskeie kuddes te onderskei
- vergemaklikte installering met minimale fisieke hantering
- hou geen ongerief, ongemak of veiligheids risiko vir vee in nie
- herbruikbaar en moontlik om van een dier na ‘n ander verskuif te word
- is onderhewig aan 'n lewenslange vervangings waarborg gerugsteun deur die vervaardigers self
- word elke twee jaar gratis vervang


Nekband met GPS en aktiwiteitsensor kombinasie
- GPS posisionering en akkurate plasing
- kampgrense of plaasgrense word vooraf vasgestel
- bepaling van grensbreke deur vee, met automatiese kennisgewing
- huidige posisie van enige spesifieke nekband kan ook per SMS aangevra word
- internet gebaseerde sagteware met kaarte beskikbaar
- GPS koördinaat versending na selfoon
- aktiwiteitsfunksie is gelykstaande aan die nekbande wat slegs van aktiwiteitsensors gebruik maak
- is onderhewig aan 'n lewenslange vervangings waarborg gerugsteun deur die vervaardigers self
- word elke twee jaar gratis vervang

Die Watervlak monitor
- geskik vir damme, tenks, krippe en ander suipings
- robuus vervaardig om verskeie aanwendings en vashegtings moontlik te maak
- besit ook eie aktiwiteitsensor (peuterbestand)
- gee ‘n SMS alarm sodra watervlak onder ‘n voorafbepaalde vlakdaal
- gee ‘n tweede SMS alarm ter bevestiging dat watervlak wel styg bo ‘n sekere vlak
- word elke twee jaar gratis vervang

Die Paniekknoppie
- 5 onmiddelikke alarms met die druk van ‘n enkele knoppie
- 5 bestaande nommers reeds op basisstasie
- mense naaste aan jou beteken vinnigste reaksietyd
- onafhanklik van selfoonopvangs
- altyd aan, altyd gereed, 24 uur per dag
- robuus, hoëkwaliteit
- kan elke twee jaar gratis vervang word indien battery afgeloop het
Die Temperatuursensors (hoenderhokke)
- akkurate temperatuur metings, 24 uur per dag
- minimum en maksimum temperature vooraf vasgestel deur individuele gebruiker
- graad van temperatuurskommelings (stygings/dalings) vooraf vasgestel deur individuele gebruiker
- onmiddellikke alarm sou die temperatuur skielik styg of daal
- ‘n tweede SMS aan gebruiker sodra die temperatuur weer herstel na normaal


Die Basisstasie
- eie aktiwiteitsensor, peuterbestand
- 6 volt sonpaneel, onafhanklik en betroubaar
- GSM komponent (selfoon) met eie SIM kaart
- GPS
- waterdig, stof- en skokbestande verwerker
- radiogolf antenna
- kontroleer, reguleer en kommunikeer met elkenekband/sensor; 24 uur per dag
- eenvoudige en gebruiker vriendelike installasie
- sagteware word gratis vervang elke twee jaar