Produkte omskrywings


Nekband met aktiwiteitsensor
- peuterbestande, intelligente elektroniese toestel wat om die nek van enige groot- of kleinvee eenheid aangebring word
- is bestand teen Afrika elemente soos vir meer as 10jr in die wildbedryf bewys
- totaal selfonderhoudend met geen dienste benodig, asook 'n battery lewe van 2jr (ingeperk)
- besit elkeen sy eie verpersoonlike en unieke identifikasie nommer om sodoende gemaklik tussen verskeie kuddes te onderskei
- vergemaklikte installering met minimale fisieke hantering
- hou geen ongerief, ongemak of veiligheids risiko vir vee in nie
- herbruikbaar en moontlik om van een dier na ‘n ander verskuif te word
- is onderhewig aan 'n lewenslange vervangings waarborg gerugsteun deur die vervaardigers self
- word elke twee jaar gratis vervang


Nekband met GPS en aktiwiteitsensor kombinasie
- GPS posisionering en akkurate plasing
- kampgrense of plaasgrense word vooraf vasgestel
- bepaling van grensbreke deur vee, met automatiese kennisgewing
- huidige posisie van enige spesifieke nekband kan ook per SMS aangevra word
- internet gebaseerde sagteware met kaarte beskikbaar
- GPS koördinaat versending na selfoon
- aktiwiteitsfunksie is gelykstaande aan die nekbande wat slegs van aktiwiteitsensors gebruik maak
- is onderhewig aan 'n lewenslange vervangings waarborg gerugsteun deur die vervaardigers self
- word elke twee jaar gratis vervang


Die Basisstasie
- eie aktiwiteitsensor, peuterbestand
- 6 volt sonpaneel, onafhanklik en betroubaar
- GSM komponent (selfoon) met eie SIM kaart
- GPS
- waterdig, stof- en skokbestande verwerker
- radiogolf antenna
- kontroleer, reguleer en kommunikeer met elkenekband/sensor; 24 uur per dag
- eenvoudige en gebruiker vriendelike installasie
- sagteware word gratis vervangelke twee jaar