Sukses Verhaaltjies & Staalkies

Ek is besig om kalwers te speen en hou hul op hierdie stadium weg van die koeie af. Die jong klomp breek toe een nag 'n hek maar vaar toe in my wintervoer in op soek na die koeie. As dit nie vir Agri-Alert se alarms was nie het ek groter skade gelei en sou groot verliese gehad het wat 'n baie harde winter sou beteken. - Coligny

As gevolg van Agri-Alert se alarms het ons op 'n plek in die draad afgekom waar droppers gesteel is en die ysterpale uitgetrek en gebruik is om die draad plat te druk. Agri-Alert spaar my baie geld.
- Hartebeesfontein

Ons het op Agri-Alert se alarms in die nag gereageer en die beeste baie onrustig en deurmekaar gekry. Ons het niks of niemand gesien nie maar dit was baie duidelik dat die beeste in een hoek van die kamp, wat deur die myn se ligte verlig word, bymekaar gemaak was. Ons is seker daarvan dat as dit nie vir ons Agri-Alert nekbande was nie sou ons groot skade gehad het. - Hartebeesfontein

Ek hoef nie bekommerd te wees oor vals alarms nie. Nadat ek met die Agri-Alert span gepraat het oor my verstellings, weet ek presies wat onder my vee aangaan. Almal praat van gemoedsrus, ek praat van 'n ordentlikke nagrus. Dankie Agri-Alert. - Hartebeesfontein

Ons het 'n ander stelsel probeer en gou agtergekom ons het 'n baie duur fout begaan. Niks kan met Agri-Alert pas hou nie en hul produk werk soos hy moet. - Hartebeesfontein

Ons was nog besig om ons verstellings te verfyn en te finaliseer in die eerste week nadat ons Agri-Alert se hulp ingeroep het. Reeds in ons eerste week het ons rondloper honde onder die skape gekry. Net die volgende week weer honde gehad en verseker spaar Agri-Alert ons groot geld. - Bethal

Met lammers wat aankom kry ons alewig honde in die kraal wat agter die nageboortes aan is. Dit eindig ook in 'n dolle gebytery as die ooie begin rondbeweeg. Vandat ons Agri-Alert se skaapbande gebruik wat nie selfoonopvangs nodig het nie, weet ons betyds en dus lei ons nie meer skade nie. - Ottosdal

Ek koop steeds meer en meer beesbande by Agri-Alert. Hul het intussen weer beeste by my gesteel, maar dis juis in die een trop waar ek geen nekbande het nie. Ek weet nou Agri-Alert spaar my baie verliese en dus brei ek uit op my huidige stelsel – die stelsel betaal homself. - Hartebeesfontein

Ons is baie beïndruk met hoe maklik so goeie stelsel soos die Agri-Alert stelsel werk.
- Bothaville

Ek steeds spyt dat ek moes wag dat daar weer by my gesteel word voordat ek vir Agri-Alert gebel het.
- Wesselsbron

Agri-Alert het my verwagtinge oortref. Dankie vir die volgehoue goeie diens. - Kroonstad

My Agri-Alert demonstrasiestel is uit my huis gesteel, tesame met baie ander besittings en my plaaswerker is ook geskiet in die proses. Min het die skelms besef dat ek hul by hul huis kan opspoor, met 'n presiese GPS koördinaat soos deur die Agri-Alert stelsel verskaf. Met die hulp van die SAPS is al my gesteelde goedere en my Agri-Alert stel teruggevind, 3 diewe aangekeer en 'n saak van poging tot moord is gemaak. Alles te danke aan Agri-Alert se akkurate en flinke optrede! - Fouriesburg,
(Agri-Alert verteenwoordiger)

Dit is ongelooflik hoe maklik en sinvol Agri-Alert se manier van tegnologie kan werk. Nooit het ek gedink
ek sal 'n GPS nekband op my beeste en skape oorweeg nie, en dit werk so goed dat dit ook nie so duur is nie. - Lesotho grens

Jou vee se gedragspatrone en alle versteurings op jou selfoon.
GPS koördinate is beskikbaar oral waar jy 'n SMS kan ontvang.
Weet ook waar lê jou dam/tenk/suiping se watervlak.

Sagteware voorbeeld


Produkte Kategorieë

BeesteSkapeBokke