Ons Produkte

Hoe werk die Agri-Alert stelsel

Die stelsel kan kortliks saamgevat word in 2 dele.

Die eerste deel is die reeks sensors wat deur Agri-Alert verskaf word naamlik grootvee-, kleinvee-, watervlak-, aandag-,  temperatuur- en algemenesensors.

Die tweede deel van die stelsel is 'n basisstasie wat op die kliënt se perseel geïnstalleer word.

Die verskeie sensors soos in die skets voorgestel, kommunikeer 24 uur van die dag met die basisstasie.

Sodra daar abnormale gedrag by die sensors opgemerk word (soos die vee beweeg abnormaal baie rond, die krip se watervlak is te laag, die stoor se deur gaan oop), stuur die basisstasie 'n SMS alarm uit na 5 selfoonnommers soos deur die kliënt aan Agri-Alert verskaf. Die kliënt besluit dan of hy wil reageer op die alarms wat hy ontvang het.

Punte om in gedagte te hou:

  • Alle produkte het 'n 2 jaar waarborg.
  • Sensors is totaal onafhanklik van enige selfoon opvangs.
  • Sensors se batterylewe is 2 jaar en hoef nie herlaai te word nie.

 

Aktiwiteit Sensors

Hierdie aktiwiteit sensor is  beste geskik vir die monitering van die aktiwiteit van jou vee op die plaas. Om ‘n oog te hou op wat jou vee te alle tye doen.

Hierdie produk sluit die volgende funksies in:

  • peuterbestande, intelligente elektroniese toestel wat om die nek van enige groot- of kleinvee eenheid aangebring word
  • is bestand teen Afrika elemente soos vir meer as 10jr in die wildbedryf bewys
  • ...

Die sensor het dieselfde funksies as die nekband met aktiwiteitsensor, asook addisionele funksionaliteit om die GPS koördinate van die gepaste diere te verkry.

Hierdie produk sluit die volgende funksies in:

  • GPS posisionering en akkurate plasing
  • kampgrense of plaasgrense word vooraf vasgeste
  • ...

Basisstasies

Die basisstasie bestaan uit ‘n sonpaneel, beheer eenheid en ‘n antenna. Die basisstasie word op die kliënt se perseel geïnstalleer. Die verskeie sensors kommunikeer 24 uur van die dag met die basisstasie. Sodra daar abnormale gedrag by die sensors opgemerk word (soos die vee beweeg abnormaal baie rond, die krip se watervlak is te laag, die stoor se deur gaan oop), stuur die basisstasie 'n SMS alarm uit na max 5 selfoonnommers soos deur die boer verskaf. Die stasie het ‘n kantel sensor en gps funksionaliteit om diefstal te vermoeilik.
Die produk sluit die volgende funksies in:

  • Eie kantelsensor, peuterbestand
  • 6 Volt sonpaneel, onafhanklik en betroubaar
  • ...