Die Basisstasie

Die basisstasie bestaan uit ‘n sonpaneel, beheer eenheid en ‘n antenna. Die basisstasie word op die boer se grond geïnstalleer. Die verskeie sensors kommunikeer 24 uur van die dag met die basisstasie. Sodra daar abnormale gedrag by die sensors opgemerk word (soos die vee beweeg abnormaal baie rond, die krip se watervlak is te laag, die stoor se deur gaan oop), stuur die basisstasie 'n SMS alarm uit na maksimum 5 selfoonnommers soos deur die boer verskaf. Die stasie het ‘n kantel sensor en gps funksionaliteit om diefstal te vermoeilik.

Die produk sluit die volgende funksies in:

  • Eie Kantelsensor, peuterbestand
  • 6 Volt sonpaneel, onafhanklik en betroubaar
  • GSM komponent (selfoon) met eie SIM kaart
  • GPS
  • Waterdig, stof- en skokbestande verwerker
  • Radiogolf antenna
  • Kontroleer, reguleer en kommunikeer met elkenekband/sensor; 24 uur per dag
  • Eenvoudige en gebruiker vriendelike installasie
  • Gratis aanlyn sagteware